KONINGIN LEAR in the Klein Karoo

This year the Klein Karoo Nasionale Kunstefees is turning 25! If you’re heading to Oudtshoorn for the festival, you’ll want to see Antoinette Kellermann as “Queen Lear”. This production follows Antjie Krog’s Afrikaans translation of Tom Lanoye’s Flemish text and promises to be something special.

Koninging-Lear-1000x847.jpeg

KONINGIN LEAR

DEBUUT Drama
’n Kunste Onbeperk-produksie ondersteun deur NATi
MET Antoinette Kellermann, Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, André Roothman, Neels van Jaarsveld, Wilhelm van der Walt, Edwin van der Walt en Matthew Stuurman TEKS Tom Lanoye VERTALING Antjie Krog REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson BELIGTINGSONTWERPER EN PRODUKSIEBESTUURDER Chris Pienaar KOSTUUMONTWERP Elaine du Plessis KLANKONTWERP Rynhardt van Blerk OUDIO-VISUELE ONTWERP Dawid Joubert VERHOOGBESTUURDER Danielle Louw VERVAARDIGER Kunste Onbeperk

Koningin Lear is ’n herverbeelding van William Shakespeare se King Lear deur die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye. Elizabeth Lear het met die verloop van tyd haar klein besigheid opgebou tot ’n internasionale sakeryk. Elisabeth kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word en sy eis dat haar seuns onder eed hul liefde en trou aan haar verklaar. Haar jongste, en geliefde seun weier en dit ontketen ’n familietwis van reuse-omvang. Dit is ’n verhaal van ’n bejaarde besigheidsvrou wat haar houvas op die werklikheid verloor, wat desperaat probeer om die storm wat om haar losgebars het te hanteer. ’n Epiese verhaal wat skerp kommentaar lewer op ’n hedendaagse besigheidswêreld, waarin integriteit en lojaliteit skaars kommoditeite geword het. Koningin Learbring die room van Suid-Afrikaanse akteurs byeen om dié kragtige verhaal na die plaaslike verhoog te bring.

Afrikaans | Geen o/16 | T, G, V | 180 min. (pouse van 10 min.) R155, R170 (by die deur)
SANW-ouditorium
21 Maart 16:00, 22 Maart 10:00**, 23 Maart 16:00, 24 Maart 10:00, 25 Maart 16:00, 26 Maart 10:00

**Gratis gesprek met die geselskap: 22 Maart 13:00 (na afloop van 10:00 vertoning) | 45min.